


MUSIEK
Om na enige van die liedjies of CD's te luister, klik op die prentjie.
Koop dit sommer terwyl jy daar is!
Luister hier na musiek vanaf Corné se CD Oppad. Huwelied doen die meeste daarvan ook by hulle konserte.
Luister hier na musiek vanaf Heidi se CD Belofte. Huwelied doen sommige daarvan ook by hulle konserte.
Moderne tegnologie maak dit al hoe makliker! Jy kan verniet na Huwelied luister en hulle volg op Spotify. Volg die skakel hier onder om in te teken of verniet te registreer.

VIDEOS
Huwelied akoesties - live
Beloftes
Huwelied acoustic covers - live
As ek net kon

OPTREDES

HIERDIE IS HUWELIED

'Skitter-blerrie-rend!'
'Wenresep.'
'Uit die boonste rakke.'
'Onvergeetlike, heerlike, asemrowende, hoendervleis-aand.'
'Julle roer die hartsnare!'
- So beskryf gehore hierdie getroude sangpaartjie met hul oorspronklike, vars, eie Afrikaanse musiek.
Ja, Corné en Heidi Dannhauser saam, as Huwelied, is 'n onvergeetlike ervaring. Die liefde van meer as twee dekades se gelukkige getroude lewe is 'n duidelike band wat nog meer trefkrag aan die sinvolle lirieke gee. Nou 'n lag, dan 'n traan, die vloei van emosies en energie sorg vir 'n heerlike ervaring van verskillende style musiek en aanslag. Dan is hulle, na jare se ondervinding, ook uiters gemaklik op 'n verhoog en geniet dit om woordjies met die gehoor te verwissel.
Corné se kwinkslae en spitsvondige lirieke laat skerp waarnemers heerlik giggel. Wat hulle verder baie vermaaklik maak, is dat hulle nie alleenlik albei sing nie, maar ook onderskeidelik kitaar (Corné) en viool en saksofoon (Heidi) speel.
As jy hou van lekker, gemaklike luistermusiek met goeie lirieke, wat jou roer en ontroer, is hierdie die musiekpaartjie vir jou. As vieslike taal en uitheemse idees jou lankal geel om die kiewe het, is Huwelied se Christelike wêreldsbeskouing 'n vars briesie in die vermaaklikheidsomgewing.
Waar kom hulle vandaan?
Op slegs 19 was Heidi die Konsertmeesteres (op viool) vir die Reserwe Nasionale Jeug Simfonie-orkes. In haar laat 20's het sy saksofoon leer speel vir haar rol as 'Mrs Santiago' vir die Staatsteater produksie 'The Buddy Holly Story'. Later is sy in 'Sarie' deur Nataniël genoem as een van Suid-Afrika se top 5 sangeresse (sy 'Groot Vyf'). Sy het die vroulike hoofrol vertolk in 'Liefde en Oorlog' saam met die welbekende akteur, At Botha, en het 'n kleurvolle loopbaan van amper 3 dekades in verskeie aspekte van die vermaaklikheidsindustrie agter die rug.
Corné is ook 'n multi-instrumentalis (baskitaar, trompet, kitaar, kontrabas) en het ook sy eie, indrukwekkende geskiedenis in die vermaaklikheidsbedryf as kunstenaar, liedjieskrywer en musikale regisseur. Hy was oa. in die Royal Albert Hall met Nataniël, deur Afrika met PJ Powers, in Shanghai met Lili Feng, in die Hartland met Robbie Wessels, in Pretoria met Valiant Swart, het SAMA wenners saam met Coenie de Villiers opgeneem, en was musikale regisseur vir die internasionale ster, Stef Bos. Corné is die kreatiewe stukrag agter Huwelied.
...Huwelied het vandag... getoon wat ware kunstenaarwees is. Hulle fyn waarneming van lewensituasies is die pitkos wat hulle diep-luister musiek, so treffend maak... Corné se lirieke getuig van geniale denke. Sy fyn verwoording van gedagtes en emosies wat ek en jy nog altyd wou verwoord maar nie geweet het hoe nie, gee ons meteens daardie gemoedsrus, dat ons nie alleen is nie. Verfrissend anders as die oorvloed kommersiële treffers op die mark wat op blote herhaling, dwangrym en genitale denke berus... Hul stemme is in harmonie, hul instrumente in voeling met elke lied... Huwelied gee diegene wat essensie in musiek wil hoor, weer hoop... Welgedaan, Huwelied.
(Lees die volledige artikel op http://www.geraamtekas.co.za/inhoud/art00437.htm.)

KONTAK ONS
Stuur vir ons 'n boodskap / navraag
TEGNIES / PRODUKSIE | corne@velvetmotion.co.za
079 272 1152

